|
Die eerste erwe rondom die
Uitspanning van Pampoenkraal word vroeg in 1800 toegeken in hierdie
singel. Dit lui dan ook die begin van die residensiële fase en die
totstandkoming van die ou dorp.
Josephus Jone(s), seun van
Josephus Jone, afkomstig van Nederland, verkry hier die eerste erf in
1806. Josephus was ʼn kadet bombardier in diens van die Verenigde
Oos-Indiese Kompanjie (VOC) maar was aangewend as kartograaf. Hy was
bekend vir sy tekeninge van verskeie VOC buite poste. Hy het ook
landstreke gekarteer en was byvoorbeeld betrokke by die kartering van
St. Helena Baai. Sy vader was in diens van die VOC as beeldhouer.
Josephus was waarskynlik goed
bekend met die Uitspanning van Pampoenkraal as gevolg van sy verskeie
karterings reise. Na Engeland se tweede bewind oorname van die Kaap in
1806 word erwe rondom die Uitspanning uitgesit en erf 554 word op
15 Augustus 1806 toegeken aan Josephus Jones (Jone se Seun). |
|
The first properties surrounding the Uitspanning of
Pampoenkraal were assigned in this circle in 1800. It signaled the start
of the residential phase and the existence of the village.
Josephus Jone(s), son of Josephus Jone, hailing from the
Netherlands, acquired the first property here in 1806. Josephus was a
cadet gunner in the service of the Dutch East India Company (VOC)
was also skilled as a cartographer. He was famous for his drawings of
several VOC outposts. He also mapped landscapes and was, for example,
involved with the mapping of St. Helena Bay. His father was in the
service of the VOC as sculptor.
Josephus was
apparently familiar with the Uistpanning of Pampoenkraal as a result of
his various mapping journeys. After Britain’s second occupation of the
Cape in 1806 the properties surrounding the Uitspanning were distributed
and property 554 was assigned to Josephus Jones (Jone’s Son) on 15
August 1806 |