Drinkbak

Drinking Through

 

 

DHS

Xhosa

 

 
 

Vanaf 1670 het die een leningplaas na die ander in die valleie rondom Durbanville tot stand gekom.  Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) het ook self vanaf 1680 plase in sleutelgebiede gevestig om in hulle eie behoeftes te voorsien.

Burgers het vanaf 1690 vrypagplase rondom Durbanville ontvang, waarvan baie vandag nog bestaan. Weens die belang van die fontein het die VOC egter die gebied tussen die plase oopgehou. Hier het die uitspan en later Durbanville ontstaan.

Hierdie ou drink-en-voerbak is die enigste oorblywende struktuur van die ou uitspan, en dateer waarskynlik van die vroeë 1800’s.

Benewens Pampoenkraalfontein omtrent 500 m suidwes van hier, die kanon op Kanonberg, die omringende geskiedkundige plase, en dele van die ou wapad, is die drink-en-voerbak ʼn belangrike simbool van die VOC se beleid om toegang tot water en rusplekke vir hulleself, boere,  reisigers en handelaars te verseker.

 

From 1670 many loan farms were established in the valleys surrounding Durbanville, whilst from 1680 the Dutch East India Company (VOC) also started farms in key areas in order to provide for their own needs.

From 1690 settlers were granted freehold farms around Durbanville, some of which still exist today. Due to the importance of the fountain, the VOC however reserved the land between the farms, which area developed into the outspan and later Durbanville.

This old drinking and feeding trough is the only remaining structure of the old outspan, and probably dates back to the early 1800s.

Apart from Pampoenkraalfontein approximately 500 m southwest from here, the cannon on Kanonberg, the surrounding historical farms, and parts of the old wagon route, the drinking and feeding trough is an important symbol of the VOC’s policy to ensure access to water and halting places for themselves, farmers, travellers and traders.

Terug

 

Back