|
Hierdie klein stukkie grond is
die bakermat van Durbanville. Weens die ligging van die fontein en die
uitspan in hierdie omgewing, het die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
(VOC) nie hier plaasgrond toegeken nie, en het die gebied dus later in
die dorp Durbanville ontwikkel.
Onder die sementstrukture is
daar twee standhoudende fonteine wat water aan die ou uitspan verskaf
het en 500 m laer af in die dorp in ʼn dam uitloop.
Vanaf 1902 is die fonteinwater
met behulp van pypleidings aan die huise van Durbanville voorsien. Tot
1957 was dít die hoofwaterbron van die dorp. Hierna is Durbanville se
waterstelsel egter aan die Wemmershoekdam verbind.
Die fontein kan ongeveer 2 000
000 ℓ water per maand lewer. |
|
This small piece of land is the
birthplace of Durbanville. As the fountain and outspan were located in
this area, the Dutch East India Company (VOC) did not allocate farm land
here, and therefore the area later developed into the town Durbanville.
Below the concrete structures
there are two constant springs that supplied water to the old outspan
and run into a dam 500 m lower down in the town.
From 1902 the fountain water
was supplied to Durbanville residences by means of pipelines. Until 1957
this served as the town’s primary water source, whereafter Durbanville’s
water supply system was linked to the Wemmershoek Dam.
The fountain can supply
approximately 2 000 000 ℓ of water per month.
|