|
Johannes
Jacobus Uys ontvang 2 morge grond in 1801 toe Durbanville nog as die
Uitspanning van Pampoenkraal bekend was. Hierdie kleinhoewe was te klein
om te boer en in 1812 verkry hy nog 36 morg. Die plasie was bekend as
Johannesfontein en waarskynlik vernoem na die Uys stamvader. Johannes
Uys was die veldkornet vir die Tijgerberg in 1809 en was verantwoordelik
vir insameling van belasting.
Die eerste windmeulens was opgerig langs die Liesbeek- en Swartrivier.
Die groeiende aanvraag vir meel het gelei tot die oprigting van verskeie
meulens soos Onze Molen. Hierdie meul is omstreeks 1840 gebou op die
oorspronklike plot van Uys en waarskynlik self deur hom gebou. Die meul
is tot vroeg in die 20ste eeu as windmeul gebruik. Die dak, wieke en
meganismes is later verwyder. Daarna het die struktuur volgens
oorlewering as perdemeul en werkershut gedien. Die meul is later
vernoem na Oude Molen.
Die Natal-bouvereniging het die windmeul in 1984 gerestoureer. Hierdie
monument het bygedra tot die tot die stigting van Durbanville en sy
verskaffing van dienste aan die landbou gemeenskap van die Tygerberge.
|
|
Jacobus
Johannes Uys received 2 morgen ground in 1801 when Durbanville was still
known as Uitspanning of Pampoenkraal. As this smallholding was too
small for farming he acquired an additional 36 morgen in 1812. The
smallholding was known as Johannesfontein and presumably named after the
owner. Johannes Uys was the field-cornet for Tijgerberg in 1809 and was
responsible for collecting taxes.
The first windmills were erected along
the Liesbeek- and Swart rivers. The growing demand for flour led to the
establishment of various mills such as Onze Molen. This mill was
built around 1840 on the original land belonging to Uys and was probably
built by him. The mill was used as a
windmill till early in the 20th century. The roof, vanes and
mechanisms were later removed.
Thereafter, according to tradition, it served as a horse driven mill and
workers hut. The mill was later named Ode Molen.
In 1984 the
Natal building society had the windmill restored. This monument has
contributed to the founding of Durbanville and its provision of services
to the agricultural community of the Tygerberg. |