|
Vyf
jaar ná Jan Van Riebeeck se aankoms, tussen 1657 en 1661, het die
Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) verskeie verkenningstogte in die
Durbanville-omgewing en verder noord onderneem.
Op
hierdie terrein het die uitspan ontstaan. Hier kon reisigers op hulle
lang reise tussen Kaapstad en gebiede verder noord en noordoos, en die
Wamakersvallei (Wellington) en Roodezand (Tulbagh) hulle osse uitspan.
By
die uitspan was ʼn dam wat uit ʼn standhoudende fontein van water voorsien
is. Teen 1725 was die uitspan ʼn gewilde rusplek, maar dit is waarskynlik
reeds vanaf 1660 gebruik.
Die
grond langs die fontein, die stroom en die dam het gesamentlik as
Pampoenkraal begin bekend staan namate die padstelsel gekonsolideer is
en die landboubedryf ontwikkel het.
In
1836 word Pampoenkraal amptelik herdoop tot D’Urban ter nagedagtenis aan
die destydse goewerneur, Sir Benjamin D’Urban. In 1886 verander die
naam na Durbanville. |
|
ive
years following Jan van Riebeeck’s arrival, between 1657 and 1661, the
Dutch East India Company (VOC) undertook several expeditions in the
Durbanville area and further north.
On
this site the outspan originated. Here travellers were able to unyoke
their oxen on the long journey between Cape Town and areas lying further
north and northeast, and the Wamakersvallei (Wellington) and Roodezand
(Tulbagh).
The
outspan had a dam, which was fed by a constant spring. By 1725 the
outspan was a frequented halting place, but had probably already been in
use from 1660.
Together the land adjacent to the fountain, the stream and the dam
started to be known as Pampoenkraal as the road network was consolidated
and the agricultural industry developed.
In
1836 Pampoenkraal was officially renamed D’Urban in memory of the then
governor, Sir Benjamin D’Urban. In 1886 the name changed to Durbanville. |