|
Van Kronendal tot Oude Westhof
Pieter Van Der Westhuizen, van Brugge in Vlaandere, kom na die Kaap as
soldaat voor 1662. Pieter word al reeds ‘n vryburger op die 18 de Januarie
1662, 10 jaar na Jan Van Riebeeck se koms, en is die stamvader van die Van
Der Westhuizens. Hy tree in die huwelike met Maria Hendriks Winkelhausen van
Duitse oorsprong
As
gevolg van die oorlog tussen Nederland en Frankryk was daar ‘n skaarste aan
koring en die Politieke
raad het besluit om ook vryburgers te vestig in
die Houtbaai-vallei. Op 23 Maart 1677 ontvang Pieter Van der Westhuizen en
Willem Schalk (Van Der Merwe), stamvader van die Van Der Merwes, die reg om
te boer. Hulle moes koring plant en as betaling vir die huur
van die grond en een tiende van die opbrengs gee aan die Kompanjie. Hulle
het maar baie swaar gekry het om die braak lande te bewerk en om hulle
lewende hawe te beskerm van wilde diere. Teen 1781 gooi hulle handdoek in
en gaan terug na Tafelbaai. Op 29 Desember 1681 word die grond as ‘n
vrypagplaas, later beken as Kronendal, aan Pieter en ‘n nuwe vennoot, Willem
van Dieden gegee. Die pragtige historiese Kronendal opstal is vandag ‘n
bekende baken op Houtbaai en is heel waarskynlik op die ou fondamente van
Pieter se huis gebou. Pieter verkoop Kronendal aan sy vennoot in 1683 en na
vele transaksies in Tafelbaai boer hy voort in die Tygerberge.
Pieter
ontvang die vrypag plaas,
De Oude Westhof
in die Tygerberge, op 9 Februarie 1702. In 1714 verkry hy ook die plaas
Elsieskraal (Gebied vanaf
Bellville Velodrome tot die A vd Walt aftree-oord. Pieter sterf
in 1721 op rype ouderdom van ongeveer 80 jaar. Sy nageslag het diep spore
gelaat in die Tygerberge.
Bronne:
Die Groot Afrikaanse Familienaamboek, C Pama, Human en
Rousseau
Die Buite
Poste, D Sleigh, pp. 268-269, Pretoria Boekhuis, 2004
Die
Tygerberg, NM Du Plessis, Tafelberg-Uitgewers,1998
Die Walters-diaspora en familieboek, NM Walters, 2004
Kaart: Kaapse Argiewe
|